Oostenryk kry holocaust-gedenkteken

Meer as 75 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog het Oostenryk sy eerste openbare gedenkteken gekry. Dit lys die name van al 64 440 Oostenrykse Jode wat in die Joodse volkslagting dood is. Nazi-Duitsland het die land waar Adolf Hitler gebore is, in 1938 geannekseer. Die hoofstad, Wene, was ‘n smeltkroes van die Derde Ryk se anti-Semitisme. Oostenryk is al beskuldig van traagheid om sy rol in die tragedie te erken. Die enigste ander holocaust-gedenkteken waar die name van die slagoffers te sien is, is in die stad se hoof-sinagoge.