Collins deur na halfeindstryd in Ope

Die Amerikaner Danielle Collins is deur na haar tweede halfeindstryd in die Australiese Ope. Sy het Alize Cornet van Frankryk vandag by die Rod Laver-arena in Melbourne in een-uur en 28-minute met 7-5 en 6-0 verslaan. Die 28-jarige speler het sedert Julie ‘n skitterende wen-verloor-rekord van 31-7. Sy kom volgende te staan teen óf Iga Swiatek van Pole óf die ongekeurde Kaia Kanepi van Estland. Collins sê sy is gelukkig om weer terug te wees in ‘n grand slam-halfeindronde: