Auschwitz: Ons moet onthou sodat dit nooit weer gebeur nie

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het ‘n herdenking van die bevryding van die Auschwitz-konsenstrasiekamp bygewoon. Die kamp is op 27 Januarie 1945 deur Russiese soldate bevry en daar was 7 000 gevangenes wat agtergelaat is. Guterres sê die wêreld moet onthou sodat die gebeure nooit herhaal word nie.