Chobe-grens: Botswana skram weg van kwessie

Die Zambezi Lives Matter-beweging het gereageer op die Botswana-weermag wat onderneem het om sy taktieke op die Zambezi-grens met Namibië aan te pas. Inwoners langs die Choberivier kla reeds ‘n geruime tyd dat die buurland se weermaglede hulle teister en terroriseer. Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi-Ndaitwah het gesê die ooreenkoms is bereik na haar onlangse besoek aan die gebied met haar eweknie in Botswana, dr. Lemogang Kwape. Sinvula Mudabeti van die beweging sê Botswana skram weg van die eintlike kwessie.