Hou jy ‘n geleentheid in Swakop? Maak so!

Die munisipaliteit van Swakopmund stel sy sosiale media platforms en webtuiste oop vir besighede wat enige geleentheid in Swakopmund wil hou. Die besigheid hoef nie in Swakopmund gesetel te wees nie. Dit vorm deel van die munisipaliteit se doelwitte om die ekonomie van die kusdorp ‘n hupstoot te gee. Ailie Gebhardt, kommunikasie beampte by die munisipaliteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.