Italië vereis groenkaart vir alle werkers

Italië is die eerste land in Europa wat dit verpligtend maak vir alle werkers aak om ‘n Covid-19 groenkaart te hê, wat bewys is van inenting of ‘n negatiewe toets. Die wet is van die 15de van volgende maand van toepassing op openbare- en privaat-werknemers nadat die Italiaanse regering dit gister goedgekeur het. Werkers sal beboet word as hulle dit ignoreer. Die minister van Openbare Administrasie, Renato Brunetta, sê die regering verwag nou ‘n groot toename van mense wat ingeënt sal wil word. ‘n Totaal van 68 persent van Italianers is ten volle ingeënt.