Chinese man môre in Swakop-hof omdat hy glo verkeersbeampte probeer omkoop

‘n Chinese man verskyn môre in die Swakopmund-landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is omdat hy glo omkoopgeld aan ‘n verkeersbeampte aangebied het. Die voorval het op die B2-pad tussen Arandis en Usakos naby die Vergenoeg-plaas in die Erongo-streek plaasgevind. Na bewering het die 41-jarige verdagte 200 Namibiese dollar aan die verkeersbeampte aangebied om  nie ‘n spoed-oortredingsboete van 2 000 dollar aan hom uit te reik nie.