Twee mense brand dood in sinkhuis in hoofstad

Twee mense, ‘n man en ‘n vrou, het in ’n sinkhuis in die Okahandjapark-nedersetting in Windhoek doodgebrand en ‘n vrou is in dié verband in hegtenis geneem. Volgens die hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, is dit vermoedelik ‘n geslagsgeweld-voorval met die verdagte wat glo die sinkhuis aan die brand gesteek het, omdat sy vermoed het haar voormalige kêrel is saam met sy nuwe meisie in die sinkhuis. Shikwambi sê die twee slagoffers het onherkenbaar in die brand verkool.