Chinese inkrimping het plaaslik ‘n invloed

Die inkrimping van die Chinese ekonomie as gevolg van uitdagings met Covid sowel as inperkings en die gepaardgaande daling in vervaardiging, kan ‘n impak op Namibië hê. China is die afgelope vyf jaar ons grootste uitvoermark met net meer as 19 persent van alle uitvoere wat deur daardie land gekoop word. Dit sluit minerale en kommoditeite – hoofsaaklik uraan – en vis in. Dus, enige groot afname in handel met China as ‘n gevolg van ‘n ekonomiese verlangsaming in daardie land sal SACU-inkomste verminder en verdere druk op openbare bronne plaas.