Nog reën word die week vir KZN voorspel

Nog reën word hierdie week in die vloedgeteisterde KwaZulu-Natal verwag nadat ‘n verdere drie mense die naweek weens vloede gesterf het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër ‘n vlak 10-waarskuwing uitgereik en gesê die moontlikheid van oorstromings en modderstortings is steeds hoog. Rampbestuurspanne en noodbeamptes is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag. Meer as 200 mense moes in die eThekwini-metro ontruim word. Die burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê die grootste uitwerking van die swaar reën sal na verwagting langs die kus en die noordoostelike dele van die provinsie wees: