APP vra ook vir beskerming vir Namibiese besighede

Die All People’s Party het ‘n beroep op die Namibiese regering gedoen om Namibiese besighede te beskerm. Die party se aanmerkings kom na die chaos verlede week. Die party vra ook dat NamRA sy aandag op Chinese besighede vestig. Die party se sekretaris-generaal Vinsent Kanyetu, sê die regering moet nie Chinese voortrek nie.