Meld padongelukke aan om lewens te red

Die Motorvoertuigongelukkefonds het sy innige meegevoel betuig met die families wat deur die tragiese ongeluk op die Kuisebrivier-pad geraak is. Twee vroulike toeriste het gesterf en vele meer is beseer. Die fond voeg by dit is kommerwekkend dat padongelukke in die Paastyd met 6 persent gestyg het. Beserings in dieselfde tyd het met 19 persent en sterftes met ‘n oorweldigende 60 persent gestyg. Dit dui volgens die fonds op ‘n kritieke behoefte aan onmiddellike ingryping om die veiligheid van alle padgebruikers te verseker. Die fonds herinner die publiek daaraan om ongelukke by sy tolvrye ongeluk-reaksienommer, 9682, aan te meld, want dit kan lewens red.