Chikane kry nie genoeg steun vir inspekteur-generaal van Intelligensie

Eerwaarde Frank Chikane se benoeming vir die pos van inspekteur-generaal van Intelligensie in Suid-Afrika het nie genoeg steun gewerf in die Nasionale Vergadering nie. Daar was 232 lede wat ten gunste van die predikant en ANC-lid gestem het, terwyl 113 teen hom gestem het, met niemand wat buite stemming gebly het nie. Die persoon moet met ‘n twee-derde-meerderheid goedgekeur word. Volgens die voorsitter van die NV, Cedric Frolick, is daar nie aan die vereiste voldoen nie en is die betrokke aangeleentheid dus uitgestel.