Nuwe uitvoerende hoof van Tsumeb het baie planne

Die munisipaliteit van Tsumeb het onlangs ‘n nuwe hoof uitvoerende beampte, Victoria Kapenda, aangestel. Kapenda is in die pos aangestel net ‘n paar weke nadat die inwoners van Tsumeb ‘n vreedsame betoging gehou het vir beter dienslewering. Kosmos 94.1 Nuus het ‘n onderhoud met Kapenda gevoer en haar gevra wat haar eerste prioriteit is wat sy sal aanpak. Sy het die kwessie van die hoë skuld wat aan die munisipaliteit verskuldig is, uitgewys.

Sy het ook gesê hoe hulle die skuld aan die munisipaliteit gaan invorder.