Cheneso verander môre in sikloon

Die tropiese storm Cheneso is nou tussen Madagaskar en Mosambiek, sê ‘n weerkenner. Die rampbestuurkantoor in Madagaskar sê minstens 16 mense is dood en 17 word nog vermis na swaar reën. Meer as 60 000 mense is ontwortel terwyl sowat 13 000 huise en 100 klaskamers beskadig is. Madagaskar, Mosambiek en omliggende gebiede is die afgelope jare deur verskeie hewige storms en siklone getref. Verlede jaar is meer as 100 mense in die streek weens storms dood en honderde duisende is ontwortel. Suid-Afrikaanse weerkenner, dr. Kobus Botha sê aan Kosmos 94.1 Nuus die tropiese storm sal môre in ‘n sikloon verander.  

Botha het ook gepraat oor reënkanse vir Namibië die naweek.