David Mabuza bedank as SA adjunkpresident

Suid-Afrikaanse adjunkpresident David Mabuza het vir President Cyril Ramaphosa in kennis gestel van sy voorneme om te bedank. Media in die buurland berig Mabuza se kantoor het bevestig dat Mabuza glo dit is belangrik om party-leierskaprolle in lyn te bring met regerings-verantwoordelikhede. Sy bedanking sal die weg baan vir die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, om hom in die Uniegebou te vervang.