Vryheidsfront Plus stel ultimatum aan Eskom

Die Vryheidsfront Plus het ‘n ultimatum aan Eskom gestel om sy diensbillikheids-plan te wysig. Die party het verneem dat die krag-voorsiener beplan om 500 wit ambagsmanne teen 2025 af te dank. Heloïse Denner van die VF Plus sê die party sal regstappe doen as Eskom nie binne sewe-dae aan hul ultimatum voldoen nie. Volgens Denner is dit nie nou die tyd om op ras-teikens te fokus nie, aangesien werkloosheid die hoogte in skiet en daar ‘n dreigende voedselkrisis is wat veroorsaak word deur beurtkrag.