Rusland was onverantwoordelik – Navo

Die sekretaris-generaal van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie, Jens Stoltenberg, sê ‘n teensatelliet-missieltoets deur Rusland was onverantwoordelik. Die land se ministerie van Verdediging het gister bevestig hy het ‘n toets gedoen en ‘n uitgediende Russiese satelliet vernietig. Dit was sedert 1982 in ‘n wentelbaan. Amerika het die toets as gevaarlik en onverantwoordelik beskryf. Stoltenberg sê die missieltoets het ruimte-rommel vrygestel wat nou ‘n gevaar inhou vir die Internasionale Ruimtestasie en Chinese ruimtevaartuie: