Charlotte Maxeke-hospitaal se kanker-eenheid mankoliek

Die DA het die Gautengse gesondheidsdepartement gestriem oor die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg se kankereenheid. Daar word beweer dat die eenheid ‘n tekort van 71 personeellede het terwyl gewone chemoterapie-medisyne ook tans uit voorraad is. Die DA-woordvoerder Jack Bloom sê die eenheid se bestralingsmasjiene is boonop stukkend en verouder.