SA van vieruur weer fase 2-beurtkrag

Eskom het aangekondig dat fase twee-beurtkrag vanmiddag van vieruur af ingestel word en tot môreoggend vyfuur sal duur. Die kragvoorsiener sê dis as gevolg van verskeie opwekkingseenhede wat onklaar geraak het en beplande instandhouding by ander. Hy sê daar is weens die koue weer tans ‘n hoër aanvraag na elektrisiteit. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Matshantsha, sê die moontlikheid bestaan dat beurtkrag die res van die week toegepas sal word.