Charlotte Maxeke: Covid kry die skuld vir agterstand in operasies

Die Gautengse Departement van Gesondheid sê die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg, Gauteng, stel ʼn reeks maatreëls in om die lang wagtye vir chirurgie te verminder. Daar is tans 2 677 pasiënte wat wag vir chirurgie in verskeie gesondheidskategorieë, in die hospitaal. Die woordvoerder vir die departement, Motalatale Modiba, sê die redes vir die agterstand sluit in ʼn tekort aan orgaanskenkers, onvoldoende teatertyd en die gevolge van die Covid-19-pandemie: