Vingegaard sê sy oorwinning is ongelooflik

Jonas Vingegaard het die Tour de France vir die eerste keer gewen en die eerste Deense fietsryer sedert Bjarne Riis in 1996 geword wat die wêreld se grootste fietswedren opraap. Hy het die verdedigende kampioen van Slowenië, Tadej Pogacar, met twee-minute-en-43-sekondes geklop ná ‘n uitmergelende toer van drie weke. Brittanje se voormalige wenner, Geraint Thomas, was algeheel derde. Vingegaard sê dis ‘n ongelooflike gevoel om te wen: