Lynministerie het geen begroting ontvang vir behuising nie

Die Namibiese ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het volgens die Tender Bulletin geen begroting vir enige konstruksie ontvang nie. Dit is die tweede opeenvolgende jaar en die finansminister Ipumbu Shiimi het geen verduideliking gegee nie. Sonder enige konstruksie-begroting kan die ministerie nie aan plaaslike owerhede en streeksrade enige fondse toeken vir die konstruksie van behuising nie. Die ministerie het ook sonder enige befondsing in die verband tussen 2014 tot 2017 gesit. Volgens die Tender Bulletin lê dit enige behuising as munisipale diens lam en maak privaatontwikkelaars ryk.