Cenored het jongste oor elektrifisering op Otjiwarongo

Cenored het amptelik fase ses van sy elektrifiseringsprojek vir die Ombili informele nedersetting by Otjiwarongo van stapel gestuur. Robert Kahimise, Cenored se uitvoerende hoof, het tydens die bekendstelling gesê fase ses sal die elektrifisering van ongeveer 192 huishoudings in die informele nedersetting deur ‘n private kontrakteur teen ‘n koste van 1,7 miljoen Namibiese dollar sien. Hy het bygevoeg dat die projek teen einde Julie vanjaar voltooi sal wees en onmiddellik na die voltooiing, sal 100 ekstra huishoudings geëlektrifiseer word. Cenored is van plan om die hele Ombili-nedersetting waarskynlik teen hierdie jaar te elektrifiseer. Kahimise sê dat 140 huise in Ombili in 2020 elektrisiteit gekry het en 150 ander in 2019. Kahimise belowe om voort te gaan om ander huishoudings in informele nedersettings van die Otjozondjupa-, Kunene-, Omaheke-, Oshikoto- en Omaheke-streke te elektrifiseer.