Cele moet afgedank word – Ian Cameron

ActionSA het sy oproep herhaal dat die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, afgedank word. Die burgerregteorganisasie se woordvoerder, Ian Cameron, sê die minister lieg as hy sê die polisie maak goeie vordering om die agterstand in DNS-toetse uit te wis. Die kwessie van DNS-toetse en verkragtingspakke is weer in die kollig nadat agt vroue verlede week deur ‘n groep mans in Krugersdorp, Johannesburg, verkrag is. Cameron sê die DNS-agterstand was verlede maand meer as 180 000: