Garland moet vermiste teksboodstkappe van 6 Januarie ondersoek

‘n Onpartydige waghondgroep, American Oversight, doen ‘n beroep op die Amerikaanse prokureur-generaal, Merrick Garland, om ondersoek in te stel na nog geskrapte teksboodskappe in verband met die 6 Januarie-aanval op die kongresgebou. Volgens berigte het die Departement van Verdediging en die weermag in hofdokumente erken dat die foonboodskappe van senior Trump-amptenare geskrap is ná die oorhandiging van die administrasie. Soortgelyke skrappings van kommunikasie word reeds deur die Departement van Binnelandse Sake en die Geheime Diens ondersoek.