Cape Epic: Laaste skof en Looser, Le Court loop voor

Dit is vandag die sewende en laaste skof van die Cape Epic. Namibiër Vera Looser en die Mauritiaanse Kim le Court loop tot dusver voor na hulle die sesde skof gewen het. Vandag sal die fietsryers 80 kilometer met 2 400 klimmeters aflê om die strawwe fietswedren van 648 kilometer in agt dae te voltooi.