Afrika sal sy TB-teikens misloop

Die Afrika-streek van die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die vasteland beleef ‘n afname van ongeveer 4 persent in tuberkulose-gevalle. Hoewel dit dubbel soveel is as die globale tendens, sal die vasteland belangrike mylpale en teikens om die siekte te beëindig, misloop, as pogings nie vinnig opgeskerp word nie. Die direkteur van die Afrika-streek, Matshidiso Moéti, sê die organisasie se End TB Strategy vra lande om TB-sterftes met 75 persent en gevalle met 50 persent teen 2025 te verminder, vergeleke met die 2015-vlakke: