Brent daal met 10% in afgelope maand

Brent ru-olie se prys het teruggesak en die kommoditeit het Vrydag handel afgesluit op net meer as 74 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die prys het gereageer op die moontlike krisis by Deutsche Bank wat 8,6 persent verloor het in sy aandeelprys as gevolg van die stygende koste in versekering teen wanbetaling. Die Amerikaanse dollar het ook met 0,6 persent versterk wat die vraag na ru-olie demp. Daar is oor die algemeen kommer oor die veerkragtigheid van bankwese met die Credit Suisse-chaos in Switserland na die ineenstorting van twee Amerikaanse banke. Brent het Vrydag amper 1,5 persent gedaal en het in die afgelope 30 dae, 10 persent op sy prys verloor. Opul en sy vennote vergader weer op 3 April en daar word verwag produksie sal weer met 2 miljoen vate daagliks verlaag word.