Calle sê oor sprinkane

Die bruinsprinkane in die Suide van Namibië is tans onder beheer. Verder noord is nog geen nuwe gevalle van sprinkaanplae gerapporteer nie. Die eerste sprinkaanplaag is op 21 September 2021 deur ‘n kommersiële boer gerapporteer en ‘n span van die landbouministerie is dadelik ontplooi. Landbouminister Calle Schlettwein sê daar is goeie samewerking tussen boere in die Suide, wat dit baie makliker maak.