Pedofiel-koshuisvader word vandag gevonnis

Die voormalige opsigter by die Karundu-laerskool op Otjiwarongo, Mervin Nguyapeua word vandag gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 32 klagte van die verkragting van tien minderjarige seuns wat in die koshuis gebly het. Sou regter Alfred Siboleka die maksimum vonnis gee, kan Nguyapeua tot 160 jaar tronkstraf ontvang. Daar is bevind dat die verkragtings vooraf beplan was. Hy het tussen 2013 en 2016 verskeie seuns in die koshuis verkrag en seksueel misbruik. Nege van die seuns was jonger as 16 jaar; die jongste was 13. Videomateriaal, wat hy opgeneem het, het deel gevorm van die bewysstukke teen hom.