Byna 10 000 mense in Suid-Afrika tussen Julie en September verkrag

Bheki Cele, die minister van polisie in die buurland, sê 9 556 mense is tussen Julie en September vanjaar in Suid-Afrika verkrag. Dit is ‘n toename van 634 gevalle of 7,1 persent teenoor die vorige verslag-tydperk. Uit ‘n steekproef van 16 144 verkragtingsgevalle het 3 951 by die slagoffer of verkragter se huis plaasgevind. Cele sê drank en dwelms het ‘n groot rol gespeel in 1 383 van die gevalle.