Wydverspreide grootkatboerdery in SA onthul

Die internasionale dierewelsynsorganisasie Four Paws het skokkende beeldmateriaal verkry waarin onthul word wydverspreide grootkatboerdery vind regoor Suid-Afrika plaas. Die beeldmateriaal dien ook as ‘n bewys Suid-Afrika teel ook nou tiere vir kommersiële doeleindes. Dit dokumenteer beramings van tot 12 000 leeus en ‘n onbekende aantal tiere wat in aanhouding geteel word. Die direkteur, Fiona Miles, sê tussen 2011 en 2020 is 2 402 leeus en 359 tiere vanaf Suid-Afrika uitgevoer – die meeste na Asië.