SA het 20,7 persent in moorde tussen Julie en September

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê Suid-Afrika het ‘n toename van 20,7 persent in moorde aangeteken tussen 1 Julie en einde September vanjaar. Altesaam 6 163 mense is in die land vermoor. Cele het sy kwartaallikse misdaad-statistiekverslag vir die tweede kwartaal van die 2021/2022-boekjaar voorgelê. Cele sê in vergelyking met die vorige gewone tydperk, sonder die inperking, is die toename 13,2 persent.