Burundese-vlugtelinge – kommissaris sê

Die Namibiese kabinet het die ministerie van immigrasie gelas om met die Burundiese regering en die Verenigde Nasies se hoë vlugtelingskommissie ooreen te kom, wat die vrywillige repatriëring van Burundese vlugtelinge in Namibië sal bespoedig. Dit is volgens kabinetsbesluite waarin die amptenare van die Namibiese en Burundiese regerings, sowel as dié van VN se hoë vlugtelingskommissie ‘n drieledige vergadering oor die aangeleentheid gehou het. Die kommissaris vir vlugtelinge in die ministerie van binnelandse sake, Likius Valombola, verduidelik die proses aan Kosmos 94.1 Nuus.