Cyril moet sê oor soldate in Mosambiek

Die DA het ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa gedoen om volle besonderhede oor die oënskynlike ontplooiing verlede week van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in Mosambiek aan die parlement te verskaf. Kobus Marais van die party sê hulle het uit ‘n betroubare bron verneem dat 1 495 soldate verlede week in Mosambiek se Cabo Delgado-streek ontplooi is. Marais sê hulle het ernstige kommer oor die ontplooiing: