Peaty verdedig sy goud suksesvol

Adam Peaty het geskiedenis gemaak as die eerste Britse swemmer ooit wat ‘n Olimpiese titel suksesvol kon verdedig. Dit volg na sy oorwinning in die 100-meter borsslag in ‘n tyd van 57,37-sekondes vandag by die Tokio Spele. Arno Kamminga van Nederland het die silwermedalje verower en Nicolo Martingenhi van Italië die bronsmedalje. Peaty sê hy is ongelooflik trots en verlig. Hy het bygevoeg die oorwinning was nie net vir hom nie, maar vir die Britse span en sy familie en vriende.