Burre Burger gesels oor skenking vir veldbrande

Burre Burger sê Namibiese boere lê hom baie na aan die hart, daarom het die Droogtehulpfonds in Suid-Afrika 250 000 Namibiese dollar aan Namibië Droogtehulp geskenk. Van die fondse kon ook aangewend word ten bate van die verwoestende reuse-brand wat vanaf verlede Dinsdag tot Sondag in die suide van Namibië gewoed en verwoesting gesaai het. Burger gesels met Kosmos 94.1 Nuus.