Starlink sal dienste voortsit in Oekraïne

SpaceX-stigter Elon Musk het aangekondig sy maatskappy gaan voort met die befondsing van Starlink-satelliet-internetdienste in die oorloggeteisterde Oekraïne. Hy het onlangs opgemerk dat hy nié die projek kan aanhou finansier nie. Musk, die wêreld se rykste man, het op Twitter geskryf dat Starlink steeds geld verloor terwyl ander maatskappye miljarde dollar van Amerikaanse belastingbetalers kry. Die aankondiging is gedoen teen die agtergrond van Musk se openbare geskille met Oekraïnse leiers wat kwaad was oor sy omstrede voorstelle om die konflik af te skaal.