Nandi-Ndaitwah se vertraagde reaksie dui dat boere nie ‘n prioriteit is nie

Droogtehulp Namibië sê dit is hartseer dat die regering nie betyds en voldoende hulp tydens die verwoestende Suide-veldbrand in die Karasburg-omgewing verleen het nie. Kritiek stroom in teen die Namibiese adjunk-eerste minister en vise-president van die Swapo-party, Netumbo Nandi-Ndaitwah, ná sy nademaal namens die regering hulp aangebied het vir die reuse-brand in die Suide nadat die brand reeds geblus was. Noodkrete is reeds verlede Vrydag tevergeefs uitgestuur vir ‘n helikopter. Die vraag word gevra of die regering die landbousektor respekteer. Henriette le Grange van Droogtehulp Namibië sê aan Kosmos 941. Nuus boere sit die kos op die tafel en behoort ‘n groter prioriteit te wees.