Bulle loop sommer vroeg-vroeg voor in Curriebeker

Drie Curriebekerwedstryde word Woensdag beslis, met die Leeus wat in Johannesburg teen die Pumas te staan kom, die Haaie wat Griekwas in Durban verwelkom en Westelike Provinsie wat die Bulle in Kaapstad gaan pak. Die Bulle het die verdediging van hulle titel Vrydag afgeskop met ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Pumas in Mbombela om vroeg die voortou te neem op die punteleer. Die Pretoriase span het vyf punte, dieselfde as WP wie se punteverskil minder is. Die Cheetahs volg met vier punte en die Leeus met een.