!Gawaxab kry D+ in internasionale peiling

Die Global Finance-tydskrif het in sy peiling oor die prestasie van goewerneurs van sentrale banke die Bank van Namibië se Johannes !Gawaxab ‘n D+ gegee vir 2021.Volgens die tydskrif is !Gawaxab versigtig met Namibië se fiskale beleid maar voeg by dat dit te vroeg is om hom te evalueer omdat hy eers in 2020 oorgeneem het. Volgens die peiling het hy redelike goeie ingrypings gemaak om die ekonomie teen die invloed van die pandemie te beskerm, wat die lae rentekoerse insluit. Maar die swak vertoning van die ekonomie het ook die bank genoodsaak om sy groei vooruitskattings vir vanjaar afwaarts aan te pas van 2,7 persent na 1,4 persent. Die goewerneur van die Zimbabwiese reserwebank John Mangudya het die swakste gevaar en Suid-Afrika se Lesetja Kganyago het die beste gevaar op die vasteland.