Dippenaar-dagvaardiging kry momentum

Die saak waar Jandre Dippenaar deur Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 gedagvaar word vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar, kom vandag voor vir saakbestuur voor regter Shafimana Ueitele. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Na talle vertragings blyk dit of die saak uiteindelik momentum kry. Intussen kom die aansoek deur die omstrede arbeidsaktivis, Michael Amushelelo, waar hy poog om te keer dat die aanklaer-generaal sy bates bevries, ook vandag in die hof voor. Daar was ‘n interlokus-aansoek wat toegestaan is aan Amushelelo en dus het die partye hul hoofargumente reeds ingedien. Die saak kom voor adjunk-regterpresident Hosea Angula voor vir ‘n statusverhoor.