Britse vrou kry 34 jaar regsteeks op TV, vir moord van vriendin

’n Britse vrou is tot 34-jaar tronkstraf gevonnis vir die moord en onthoofding van ʼn vriendin tydens ʼn stryery oor geld. Die 38-jarige Jemma Mitchell is die eerste vrou in Engeland en Wallis wat in ʼn regstreekse televisie-uitsending gevonnis is vir die moord op die 67-jarige Mee Kuen Chong. Sy het haar liggaam meer as 300 kilometer ver weggesteek. Die regter het Mitchell tydens vonnisoplegging as uiters onderduims en sonder berou beskryf. Hy het bygevoeg haar daad is nog meer weersinwekkend aangesien die slagoffer ʼn baie goeie vriendin vir haar was.