Ombud sê Swapo-kinders moet veterane se voordele kry

Die Namibiese ombudsman stel voor dat wysigings aan die Veteranewet gemaak moet word sodat die sogenaamde kinders van die vrydheidstryd by die groep se voordele en projekte ingesluit kan word. Sy aanmerkings kom na hy klagtes ontvang het van vrywillige skoonmakers by die gesondheidsministerie wat sê lede van die groep is permanent aangestel sonder om deur die staat se werwingsproses te gaan. Basilius Dyakugha sê die kinders moet bygestaan word om maatskappye te registreer om vir visvangregte aansoek te doen asook vir groephervestiging onder die Grondhervestigingsprogram. Sy voorganger John Walters het suksesvol in die hof betoog dat die kinders geen voorkeur mag kry by indiensneming by die staat nie.