100 dood in Mogadishu bomaanvaal

Die aantal mense wat Saterdag in ‘n aanval by ‘n besige kruising in die Somaliese hoofstad Mogadishu dood is, het tot 100 gestyg. President Hassan Sheikh Mohamud het vanoggend die media in die land toegespreek en sê 300 mense is in die aanval besser. Twee motors vol plofstof is minute uitmekaar naby die besige Zobe-aansluiting opgeblaas, gevolg deur ‘n gewapende aanval wat Somalië se onderwysministerie geteiken het. Die aanval het plaasgevind by dieselfde besige aansluiting waar ‘n vragmotor vol plofstof op 14 Oktober 2017 opgeblaas is. In daardie aanval is 512 mense dood en meer as 290 beseer.