Britse skole-minister sê oor Strep-A en antibiotika by skole

Daar is ‘n agtste kind in Brittanje dood as gevolg van die sogenaamde Strep-A-uitbreking in skole in daardie land. Dit is reeds ‘n geruime tyd ‘n uitdaging en kenners meen dit is veroorsaak deur Covid-inperkings wat kinders se immuniteit teen Streptokokkus verswak het. Daar was murmurerings dat by skole waar ‘n geval voorgekom het, dat alle kinders antibiotika sal ontvang maar, die land se minister van skole, Nick Gibb wou nie dit direk bevestig nie en sê gesondheidsowerhede werk aan die kwessie.