Aanval op kragstasie in Noord-Carolina skok

Duisende huishoudings is sonder krag en ‘n noodtoestand is afgekondig na skietvoorvalle by twee kragstasies in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina. Skole is vandag steeds gesluit en ‘n aandklokreël bly van krag tot Vrydag. Internasionale media berig die FBI is ingeroep om die voorvalle te ondersoek. Goewerneur Roy Cooper waarsku oor ‘n nuwe bedreigingsvlak, maar wou nie kommentaar lewer oor moontlike binnelandse terreur nie. Die aanval is volgens gerugte gemik teen Saterdag se “drag”-geleentheid in Southern Pines.