Lesufi fokus op staatsbank, in plaas van kleinsake bystaan

Die DA in Gauteng sê pleks daarvan dat premier Panyaza Lesufi daarop fokus oor hoe hy klein ondernemings kan bystaan om uit te brei en hul inkomste te verhoog deur sake met die regering te doen, wil hy nou ‘n staatsbeheerde bank vestig. Die voormalige premier van Gauteng, David Makhura, het die idee die eerste keer in sy staatsrede in 2018 geopper. ʼn Woordvoerder van die DA, Dorianne Arendse, glo dit sal net nog ‘n vermorsing van Suid-Afrikaanse belastingbetalers se geld wees. Sy sê die Township Ekonomiese Ontwikkelingsplan is vroeër vanjaar as wet aanvaar: