Britse regering keur nuwe wetgewing toe wat brandweer verhoed om te staak

Die sekretaris-generaal van die Britse vakbond vir brandweer-personeel Matt Wrack sê dit is onaanvaarbaar dat die regering nuwe wetgewing daargestel het wat hulle as noodsaaklike diens verklaar en dus verhoed om te staak. Wrack sê die tydsberekening van die stap sê alles.